Welkom by ons Webtuiste

Hartlik welkom by Laerskool Dalview se webtuiste. Laerskool Dalview  is nie net die trots van Brakpan nie, maar ook die skool waarop u en u kind trots kan wees. By Laerskool Dalview word ons kinders geleer  om hul Christelike beginsels uit te leef. Ons streef daarna om elke leerling as totale persoon te ontwikkel met ‘n gesonde balans tussen Akademie, sport, en kultuur.

 

Geskiedenis en Visie

Laerskool Dalview het sy deure geopen op 14 Oktober 1947...

Onderrig begin in sewe tydelike klaskamers as 'n parallel medium skool van Graad 1 tot Standerd 3 (Graad 5). Die skool bly 'n parallel medium skool tot einde 1978 en word toe 'n Afrikaans medium skool.

Laerskool Dalview streef daarna om 'n unieke, Christelike, Kultuur gerigte skool binne 'n kinder vriendlike omgeweing te wees, waar 'n sterk band tussen skool en ouerhuis bestaan en gefokus word op die optimale ontwikkeling van sy leerders en opvoeders. Waar die leerder (king) toegerus word vir die lewe en waar daar gestrewe word om aan elke leerder 'n voorsprong te gee.

Skool Kwartale

1st Kwartaal: 13 Jan - 26 Mrt | 2de Kwartaal: 12 April - 9Jun

3de Kwartaal: 13 Jul - 23 Sep | 4de Kwartaal: 4 Okt - 10 Des

Skool Ure

Laerskool Dalview begin stiptelik elke oggend om 7:45

Gr A. tot Gr 2. gaan skool tot om 13:00
Gr 3. tot Gr 7 gaan skool tot om 13:30

Daar is elke dag 'n wagklas by voogonderwysers vir leerders wat wag vir 'n ouer boetie of sussie. Wagklas is net tot 13:30.

 

Dalwertjie Nuus

Kliek om die dokument met Adobe Acrobat PDF Reader oop te maak: Download Adobe Acrobat Reader

DALWERTJIE 17.13.pdf

Kliek hier vir ons Dalwertjie Argief | Kry ons op Facebook

Kultuur

| Kultuur Beleid : Kultuur Bestaan Uit |

1: Kunswedstryddeelname, individue en groepe. Sluit in kore, (sang - en spreek), voordrag, skryfkuns, musiek, kuns, drama, ens.

2: Konserte / Revue / Musiekblyspele. Deelname word aangemoedig en die uitgangspunt is massa deelname.

3: Kunskompetisies Die skool neem volkskaals deel aan enige kunskompetisies wat deur die gemeenskap gereel word.

4: Skryfkuns Laerskool Dalview neem volskaals deel aan die kompetisie wat deur "Poetry Institute of South Africa" geloots word. Bo en behalwe die pryse word belowende werke gepubliseer in 'n digbundel wat jaarliks verskyn.

Dit is ons vissie om binnemuurs vir soveel as moontlik leerders (bloot te stel) 'n kultuur platvorm te skep, maar slegs uitblinkers ekstern te laat deelneem, om as 'n sterk kultuurskool, maar ook Christelike Afrikaanse kultuurgebonde skool, bekend te staan

| Kultuur Beleid : Konsert of Revue |

1: Massa deelname as uitgangspunt, maar die leerders het 'n keuse:

2: Konsert/Revue vind elke 2de jaar plaas - alternatief met die Kunswedstryd.

3: Klere: Elke graad bepaal sy eie behoeftes en die bedrag wat nodig is, wat dan deur die leerders self betaal word. In huisgesinne waar daar nood is, sal geldelike hulp verleen word indien moontlik.

4: Daar word nie met 'n konsert na groot fondsinsameling gestreef nie, maar eerder om met baie min wins of gelykbreek die estetiese te bevorder.

| Kultuur Beleid : Kunswedstryd |

Deelname aan kunswedstryd geskiet elke 2de jaar wanneer Brakpan hulle eie kunswedstryd het. Leerders word dan vir alle afdelings deur die skool ingeskryf, maar die leerders betaal hulle eie inskrywingsgeld.

Deelname aan alle items geskiet deur Oudisies.

Geen spesiale oefentye word geskep nie en afrigting vind buite skoolure plaas.

Daar word van leerders verwag om altyd in volle skooldrag deel te neem en op te tree.

Daar word ruim erkenning gegee aan presteerders met prysuitdeling aan die einde van die jaar. Wanneer leerders egter by ander Kunswedstryde toekennings ontvang, dan die van Brakpan, word dit as "buite skoolverband" prestasies beskou, en toekennings word in ooreenstemming daarmee gedoen.

 

Copyright © 2010 Laerskool Dalview,

Design by Philip Echbertus Greeff